Jeugbediening

Juniorjeug: Junior Kinderkerk (Gr.1-6) tydens die oggenddienste.

Die kinderkerk vir die gr. 1-6 bestaan uit ’n groot- en kleingroep-byeenkoms en word volledig as ’n erediens aangebied met ’n pretaktiwiteit en doenaktiwiteit as deel van elke byeenkoms. Dit geskied tydens die oggenddiens soos aangedui op die Jaarprogram as: “Kinderkerk”. Dit vind plaas in die saal tydens die volwasse erediens om 09:30.

Seniorjeug: Tieners (Gr 7-Matrieks)
Die visie van die Tienerbediening is om die liefde van God, die passie van Jesus Christus en die closeness van sy Gees op ’n kreatiewe manier met ons tieners te deel sodat hulle op hul unieke wyse ’n verskil kan maak in hul leef-wêreld.

Kategese: Die kategese vir gr. 7 tot voor Belydenisaflegging is deel van die aanddienstemas. Dit vind plaas elke Sondag om 18:30 in die kerk.

Jong volwassenes:

Die Jeugdienste wat op die jongmense en tieners fokus, begin Sondagaande om 19:00 in die saal. Tydens die diens word kontemporêre temas op kreatiewe wyse aangebied, wat jongmense se lewens daadwerklik raak. Tieners onder leiding van Jeugleiers verdeel tydens die diens in kleingroepe waar temas in diepte bespreek word. Daar is nie jeugdienste in die skoolvakansies en oor langnaweke nie.

Alle jongmense word uitgenooi om deel te word van ‘n selgroep en self hulle program te reël asook waar hulle diensbaar kan wees.

Koffiekroeg: Daar is elke Vrydagaand (18:00-20:00) tydens die skoolkwartale koffiekroeg. Hierdie geleenthede is nie net vir Oostersee se tieners nie. Enige een is welkom! Hou die Whatsappgroep dop vir inligting!