Bedieninge en Bestuur
Alle lidmate wat geroepe voel om die Here met hulle besondere gawes te dien, is welkom om deel te word van die bediening in Oostersee. Jy hoef nie op die kerkraad te dien om deel te wees van die bediening nie.
Administrasiekommissie
Funksie: Algemene administrasie van die gemeente, die koördinering en organisering van huisbesoekafsprake. Die weeklikse koördinering en beplanning van gebeure en voorbidding vir die gemeentelede. Die uitbou van die kommunikasiekanale in ons gemeente deur ’n webwerf, e-pos en SMS-stelsel te gebruik. Die kommissie bestaan uit al die gemeente se amptenare.
Kontak: Die kerkkantoor
Bestuurspan:
Funksie: Verantwoordelik vir die oorhoofse bestuur van die gemeente deur middel van die begroting. Die verantwoordelikhede van hierdie span sluit die volgende in: Die opstel van ‘n jaarlikse begroting en die toesighouding daaroor, asook die finansies van die gemeente; Beplan en bestuur die instandhouding van die kerkgebou, toerusting en kerkgrond volgens begroting. Bestuur kapitale projekte; Verantwoordelik vir die toesig, versorging en diensverhoudinge van die amptenare.
Eiendomme
Finansies
DVK
Gawes benodig: Bestuur; organiseer; finansiële kennis; herstel van eiendomme; menslike hulpbronne
Kobus Botes -083 963 2499
Bedieningspan:
Funksie: Toesig hou oor die Woordverkondiging, die koördinering en beplanning van eredienste en die bedieninge van die gemeente.
Erediens – Bediening van die Woord; Nagmaal; musiekbediening
Gasvryheid
Jeugbediening
Seniors
Omgee bediening
Gemeentebediening
Die Leraar, Jeugwerker, kerkraadslede en gemeentelede dien op hierdie bediening. Die onderskeie dele van die bediening vergader ad hoc. Die Bedieningspan vergader een keer per maand, na afloop van die erediens.
Gawes benodig: Gasvryheid; diens; musiek; omgee; jeug
Kontak: Charlyn Goliath 076 950 6133
Jeug
Funksie: Die uitreik na en bediening van ons Junior-, Senior- en naskoolse Jeug d.m.v. kinderkerk, kampe, groeigeleenthede, jeugdienste, pastorale spreekkamer, die aanbied van kleingroepe en jaarlikse Belydenisgroep.
Gawes benodig: Gelowiges wat ’n passie het vir jongmense, en wat hulself kan verbind tot die bediening van ons jeug deur mentorskap, verhoudingsbou, musiek [en kunste], sosiale media, kampe en gebed.
Gerhard Barnard – 071 222 2920
Omgee-aksie
Hanteer die barmhartigheid binne en vanuit die gemeente.
Organiseer twee keer per jaar ‘n tweedehandse verkoping ten bate van barmhartigheidswerk
Poelie Fourie 083 868 0521
Gasvryheid
Gasvryheid het twee bane, naamlik, die groeters en almal wat deelneem aan die verwelkoming van erediensgangers en die groep wat verantwoordelikheid neem vir die bediening van tee en koffie en die maak van verversings. Kontak gerus die kantoor indien jy graag wil diens lewer.
Arinda Myburgh 983 703 5067
Seniors
By hierdie groep kuier ons senior lidmate heerlik saam, tweekeer per maand, gaan op uitstappies, skakel met ander seniorgroepe en versorg mekaar.
Chris de Jager 083-378-1386